Richtersveld munisipaliteit se water probleme is nou iets van die verlede.

Die Richtersveld munisipaliteit sê die water voorsienings probleem wat die munisipaliteit onlangs lam gelê het is opgelos. Volgens die munisipaliteit was die probleem op22 Maart 2024 opgespoor na 'n tegniese ondersoek deur die tegniese waterspan van die munisipaliteit. Inwoners van Port Nolloth , was die ergste deur die water tekorte affekteer, terwyl gedeeltes van Sizamile en McDougalsbaai steeds geraak is weens lugslotte en lae waterdruk in die water pypleiding. Die munisipaliteit sê  die konstruksie van 'n klein stelsel vir die bevordering van watervoorsiening het ook vandag begin om te verseker dat volhoubare watervoorsiening herstel word na die affekteerde areas. 

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media