Inwoners teen swendelary gewaarsku

Inwoners van Upington word gewaarsku van oproepe van selfoon maatskapye wat se dat hulle weens hulle langdurigheid by die betrokke selfoon maatskapye voertuie gewen het en geld moet betaal vir die voertuig om gestuur te word of 150 rand lugtyd. Luitenant Kolonel Henry Faro van die Suid Afrikaanse polisie se booswigte gebruik byverskeie maniere om mense vanuit hulle geld te swendel en waarsku dat mense nie enige persoonlike inligting moet verskaf aan enige persoon wat beweer dat hulle van enige bank of selfoon maatskapy is nie. Faro se by otm masiene moet mense uiterse versigtigheid aan die orde van die dag le en nie groot bedrag geld ronddra nie. Hy se die Suid Afrikaanse polisie moet gekontak word en of gestop word waar mense enige onraad merk of probleme met misdadige elemente ervaar.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media