theys in die hof

Die geskorste hoof van die Noord-Kaapse Gesondheidsdepartment, Dion Theys, en die voormalige finansiële hoof, Mosimanegape Gaborone, is vandag saam met nog 12 beskuldigdes terug in die Kimberleyse landdroshof op aanklagte wat verband hou met ‘n 26-komma-9 miljoen randse kontrak vir beskermende toerusting. Hulle staan tereg op die oortreding van die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies, bedrog, korrupsie, geldwassery, vervalsing en regsverydeling. Die saak hou verband met ‘n kontrak wat in 2020 aan Macronym 37 toegeken is sonder dat daar na bewering behoorlike verkrygingsprosesse gevolg is.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media