Personeel kry aan diens opleiding

Binnehuise opleiding is vir diegene by die nuutgestigde inbel sentrum van die Dawid Kruiper munisipaleteit wat 24 uur van die plaaslike brandweer stasie gaan opereer aangebied. Die munisipale woordvoerder Patrick Williams sê die instelling van die oproep sentrum behoort nou die interaksie tussen die publiek en direkte afdelings vir wie klagtes asook voorstelle gemaak word te vergemaklik asook die tydsduur van enige klagte te verbeter. Hy sê die indiens opleidings sessie het daaroo gefokus om die lede wat die sentrum gaan beman se voorsien van die nodige vaardighede om profesioneel n diens te kan lewer. Die indiens opleiding sal volgens Williams op 'n gereelde basis voortgesit word om dienslewering in die regsgebied te verbeter. Hy sê die munisipaleteit het die nommer wat 24 uur klagtes gaan hanteer reeds in die media en op verskeie van die munisipaleteit se kominikasie platforms beskikbaar gemaak.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media