Toevoer afgeskakel water tekort waarskuwing uit

Die krag verskaffer eskom het die kragtoevoer na die Dawid Kruiper munisipale regsgebied sedert vanoggend ses uur begin opskort vir noodsaaklike opgraderings werk wat tot ses dertig vanmiddag gaan duur. Die munisipaliteit het reeds inwoners teen die grootskaalse afskakeling gemaan en ‘n versoek gerig dat inwoners maatreels moet implimenteer om seker te wees dat hulle nie enige ongerief gedurend die onderbreking gaan ervaar nie. Die afskakel duur vir ten minste twee dae met Blok 1 wat Woensdag van sewe dertig die oggend tot vyf dertig die middag ook afgeskakel gaan word. Die afskakel meen volgens die munisipaliteit dat die waterverskaffing vananf die Abraham Holbors September watersuiwerings aanleg oof geafekteer word. Inwoners is gevra om gedurende die tyd water spaarsamig te gebruik en veilig op te gaar vir menslike gebruik.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media