'N noue ontkoming vir 'n gesin van Hartswater die afgelope naweek het gesorg dat die 13 jarige Hennie Becker oorleef na hy op sy pa se jagplaas deur 'n Poffader slang gepik is. Die voorval het opnuut die soeklig geplaas oor die gevaar van slangpik met 'n beroep wat gedoen word op inwoners om bewus van hulle omgewing te wees en oplettend te wees veral in die veld en waar slange normaalweg voorkom. Oproepe op die identifisering van die slang in gevalle waar iemand gepik word is gedoen om behandeling te vergemaklik. Die publiek word aangemoedig om onmiddelik hulp in die geval van slangpik te kry.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za