Boere in die Noordkaap provinsie is ondanks verliese bly vir goeie reens wat die afgelope naweek oor groot dele van die Noordkaap uitgesak het. Bewerings dat 'n boer van Williston honderde skaap kon verloor word gemaak met 'n algemene verblyding oor die reen na hittegolwe die afgelope weke inwoners geteister het. Boere by Kenhardt het nagenoeg 82 millimeter reen geraporteer terwyl by Sutherland en Wiliston die naweek 91 milimeter gereen het. Die Suid Afrikaanse Nasionale Weerdiens se Julius Mahlangu sê hoewel die Vrystaat nie baie reen gekry het nie word nog geisoleerde en verspreide donderbuie die week voorspel. Die diens het gewaarsku oor die gevaar wat water kan inhou veral waar kitsvloede voorkom en gevra dat versigtigheid toegepas moet word.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za