Die Vakbond Nehawu het die departement van Sport, Kuns en Kultuur in die Noordkaap provinsie gevra om die twee amptenare wie deur die Valke op aanklagte van bedrog inhegtenis geneem is te skors. Dit volg na inligting dat die twee die finansiele hoof Andrian Coleridge en die direkteur vir korporatiewe dienste Bonakela Jacobs steeds in hulle poste is. Die twee het saam met die voormalige waarnemende hoof van die departement Ruth Palm op die 6de Maart vanjaar in die hof verskyn op aanklagte wat verband hou met die Umsobomvu jeugfees wat in Colesburg in 2016 moes plaasvind en die departement minstens 1 miljoen rand gekos het na verskaffers vir die fees betaal is wat nooit plaasgevind het nie. Die drie is op borgtog van tien duisend rand elk vrygelaat. Die vakbond nehawu se moses voster het die departement se versuim om die twee te skors bevraagteken.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za