Die agentskap vir maatskaplike sekerheid het 'n sterk bewoorde waarskuwing gerig na diegene in gemeenskappe wat as loan sharks bekendstaan en gesê SASSA kaarte en ID dokumente kan onder geen omstandighede as bewys van inkomste gebruik word nie. Die agentskap het ook beginstigdes hierteen gewaarsku en gese die inkomste moet vir die doel aangewend word en nie om skuld te maak en of te betaal nie. Die agentskap sê diegene met inligting van sogenaamde loan sharks en anderre wie in besit is van mense se SASSA kaarte moet dit onder die aandag van die suid afrikaanse polisie of hulle naaste wetstoepasings agentskappe bring.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za