Ngo doen goed

Die Wanya Tsotsi gemeenskaps gebaseerde misdaadbekampings groep en organisasie teen winsgejag in Kimberley sê hulle beplan om die 26 ste Maart vanjaar weer duisende messe, skerre, vuurwapens en ander gevaarlike voorwerpe by 'n plaaslike skrootwerf in die stad te laat vernietig. Die groep se voorsitter Pantsi Obusitse sê die organisasie se bedrywighede in en om stad Kimberley het bydrae gelewer tot die afname in bendeaktiwiteite veral in skolle en die gemeenskap in die sol plaatje munisipale regsgebied. Die groep het n beroep gedoe. Op die ondersteuning van soortgelyke inisiatiewe en gese gemeenskappe regoor die provinsie kan gerus by wanya tsotsi kers opsteek

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media