Swangerskap bewustheid

Die Suid Afrikaanse Nasionale Raad vir alkoholisme en dwelmafhanklilheid insamewerking met die Suid Afrikaanse Polisie Diens en die departement van gesondheid in Loeriesfontein in die Namakwa het bewustheid van veiliger swangerskap en gesonde moeder en kind geloods in 'n poging om te verseker dat swanger vroue ten volle ingelig is rondom swangerskapverwante risikos. Die doel van die byeenkoms is ook daarop gemik om gedragsverandering aan te moedig gedurende die tydsduur van swangerskap en die geboorte van die kind asook daarna. Nagenoeg 14 swanger vroue vanuit die gemeenskap het aan die bewusmakings aktiwiteit deelgeneem

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media