Die Demokratiese Alliansie in die Noord-Kaap dring daarop aan dat die provinsiale onderwysdepartement ‘n onmiddellike ondersoek na leerlingvervoer in die provinsie moet loods. Die party sê die volg op hulle oorsig besoek in Hartswater wat volgens hulle bevestig dat meer as twee keer soveel leerlinge as wat toegelaat word, per rit vervoer word.
DA-raadslid in Phokwane, Annette van Wyk, het onlangs by die Tadcaster Intermediêre Skool oorsig gedoen. Sy het gewaar dat daar soggens slegs een bus tot die leerlinge se beskikking is. Sy beweer dat die eerste rit het 113 leerlinge vervoer en die tweede 141 leerlinge, alhoewel die bus slegs toegelaat word om 65 passassiers op ‘n slag te vervoer. Die DA sê dit is onaanvaarbaar dat leerlinge elke skooldag hul veiligheid so op die spel moet plaas en dring daarom aan dat die department ondersoek instel om seker te maak dat elke kwalifiserende leerling veilig by die skool kom.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za