Weer

Toestande bevorderlik vir die ontstaan van wegholveldbrande duur voort in die noordkaap provinsie sowel as die Noordwes, die Vrystaat Limpopo en die Oos kaap. Die Suid Afrikaanse weerdiens sê ontwrigtende reen wat tot oorstromings kan lei word in groot dele van Kwazulu Natal verwag. Warm tot uitermatige warm weer word in die Noordkaap verwag met 36 grade vir Upington 35 in Kimberley 26 in Sutherland en slegs 21 in Alexanderbaai aan die Namakwase kus. Die diens waarsku dat mense blootstelling aan direkte sonlig ten alle koste moet vermy en gereeld vloeistowwe in te neem om hitte uitputting te vermy.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media