Die ANC se jeugliga leier Collen Malatje het 'n beroep gedoen op ANC leiers wat sedert demokrasie in die nasionale parlement dien om aftrede te oorweeg en nominasie om na die Mei verkiesing weer in die parlement te dien af te dank. Malatje het in die Kuruman in die Noordkaap gepraat en gesê na die ANC die 2024 verkiesing wen sal die jeugliga aandring daarop dat 'n aansienlike aantal jong leier die party in die nasionale en provinsiale wetgewers verteenwoordig. Hy het terselfdetyd Pravin Gordan en Nkosazana Dlamini Zuma wie na die verkiesing aftree bedank en gese die res behoort die twee strydosse se voorbeeld te volg. Malatje het in sy rede die twee aangemoedig om hulle vriende soos hy na die leierskap verwys het te versoek om hulle voorbeeld te volg en gesê alle pensionarise wat nominasie aanvaar het moet dit afdank sowel as diegene wie van korupsie beskuldig word of afstand te doen. Die jeugliga leier het skerp teen korupsie uitgevaar en gese die ANC kan as party homself nie asosieer met vuil mense soos hy na verwys het nie en die jeug aangemoedig om hulle verantwoordelikheid op te neem as leiers van die party.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za