Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n waarskuwing uitgereik oor die hittegolftoestande wat na verwagting vandeesweek sekere dele van die land sal raak. Die hoë temperature sal dele van die Noord-Kaap, Noordwes, Vrystaat, en sentrale en noordelike dele van die Oos-Kaap tot vandag tref.
Intussen, in plekke soos Gauteng en die suidwestelike bosveld van Limpopo, sal die warm toestande waarskynlik tot Woensdag voortduur. Die diens is van mening dat Namakwa-distrik van die Noord-Kaap, die Weskus-distrik en die binneland van die Wes-Kaap uiters warm en ongemaklike toestande sal ervaar. Die weerdiens sê hierdie toestande sal waarskynlik in die weste verbeter, maar duur tot vandag oor die oostelike binneland van die Wes-Kaap voort. In Upington is dit vandag 41 grade en 38 in Kimberley.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za