Water onderbreking onafwendbaar

Die Sol Plaatje munisipaleteit in Kimberley sê hoewel herstelwerk aan die stad se waterinfrastruktuur voortduur bly die waterbeskikbaarheids kwessie onseker en is 'n water onderbreking onafwendbaar. Die Bigen Afrika projek ingeneur Rikus Rossouw beraam dat die water onsekerheid ten minste vir die volgende 18 maande die noordkaapse hoofstad se spook gaan wees voordat dinge sal begin verbeter. Hy sê sodra noodherstelwerk wat tans onderweg is voltooi is gaan die onderbrekings probleem iets van die verlede wees. Probleme by die Midlands aanleg waar herstelwerk indringend gedoen moet word sal ten minste drie dae neem om tydens n beplande waterstilstand herstel te wees. Hy sê drie kontrakteurs het by die Riverton suiweringsaanleg gewerk. Die gesamentlike onderneming Isiphethu Peaches herstel sedert 19 Februarie vanjaar gebarste pype sonder om enige watertoevoer te sluit terwyl sommige lekasies so groot is dat die toevoer moet afgesluit word. Minstens 25 lekasies is langs die hoofpyplyn tussen Riverton en Kimberley geidentifiseer. Die Sol Plaatje munisipaleteit het drie kontrakte ter waarde van 88 koma 2 miljoen waarvan 18 miljoen aan noodlekkasies bestee word asook 'n kontrak van 40 miljoen rand vir die nuwe watersuiwerings aanleg chloorchemikaliedoseerstelsel asook 28 miljoen aan n noodvloei en kwaliteitmoniterings stelsel uitgesit.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media