Joslin se aggenyus ouma pleit vir haar kleinkind

Die ouma van die vermiste Joslin Daniels wat die Suid Afrikaanse gemeenskap in rep en roer het na haar verdywining en die afskuwelike bewerings wat gemaak word op sosiale media Amanda Daniels van Aggeneys in die Noordkaapse Namakwa streek het 'n beroep gedoen op diegene wie haar kleindogter het om die kind terug te besorg. Die ses jarige Joslin is sedert 19 Februarie vanjaar vermis en inwoners en die wetstoepasings agentskappe soek sedertdien onverpoos. Media 24 berug dat Amanda Daniels tans in 'n kliniek in Kaapstad vir depressie behandel word. Intussen het die ses jarige se ma Kelly Smith saam met Pumza Sigaqa en Jacquin Apolus asook Steveno Van Rhyn reeds in die hof in Vredenburg verskyn op aanklagte wat met Joslin se verdwyining verband hou.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media