Rekord hitte

Nuwe syfers toon dat verlede maand die warmste Februarie ooit was, sedert statistiek gehou word. Die Europese Unie se klimaatsdiens sê die gemiddelde temperatuur in die wêreld was in Februarie een komma 77 grade celcius hoër as voor die nywerheidstydperk. ‘n rekord is elke maand sedert Junie verlede jaar aangeteken, terwyl die temperatuur van die see oppervlak die warmste op rekord is. Pofadder en Augrabies asook Upington het rekord 40grade celcius die afgelope weke gelewer wat hulle in Suid Afrika die warmste maak.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media