Hernude ooreenkoms

Kort na die inhegtenisname van twee senior amptenare by die departement van Sport, Kuns en Kultuur in die Noordkaapse hoofstad Kimberley en oorgee van 'n voormalige amptenaar aan die spesiale ondersoek eenheid het die LUR vir ekonomiese ontwikkeling en toerisme in sy begrotings rede wat in Hartswater gelewer is gesê, die Noordkaapse regering maak beduidende vordering in die stryd teen korupsie. Abraham Vosloo sê die Zamani Saul administrasie gaan voort om korupsie uit sy geledere te kry. Intussen het die Parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge oftewel SCOPA en die Spesiale Ondersoekeenheid kort na die begrotings rede van Vosloo hulle samewerking in die stryd teen korrupsie geformaliseer deur ‘n Memorandum van Ooreenkoms in die Parlement te onderteken. Ten spyte van hierdie gesamentlike poging het beide partye hul frustrasie uitgespreek oor die gebrek aan aanspreeklikheid vir diegene wat betrokke was by die Staatseiendom Projek. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media