Missing children bekommerd

Missing Children SA lig die kommerwekkende tempo van ontvoerings in die land uit, met meer as 1duisend 300 gevalle wat maandeliks aan die polisie gerapporteer word. Die onlangse verdwyning van sesjarige Joshlin Smith in Saldanhabaai het die aandag op die probleem gevestig. Ko√∂rdineerder Bianca Van Aswegen beklemtoon die waaksamheid van ouers en ondersteuning vir wetstoepassingsagentskappe om hierdie misdade te beveg. Van Aswagen het veral ouers in plattelandse dorpe wat die Noordkaap insluit gemaan om ten alle tye bewus te wees van waar hulle kinders is asook in wie se teenwoordigheid hulle kinders is. Die organisasie het ook 'n beroep gedoen op wetstoepassingsagentskappe om nalatigheid aan die kant van ouers met erns aan te spreek veral omdat kinders dikwels ondanks bewusmaking steeds gesteel of verhandel of self gemolesteer en vermoor word. In Prieska duur die soektog vir die 17 jarige Shandrifa Louw voort. Sy was las op Woensdag 28 February 2024 gesien toe sy met vriende uit was. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media