’N saak van strafbare manslag word deur die polisie ondersoek ná ’n voertuigongeluk op die N14 buite Olifantshoek die lewe van sewe mense geëis en nege ander beseer het. Polisie woortvoerder Sersant Omphile Masegela, sê die ongeluk het op 1 Maart omstreeks die middag plaasgevind. Volgens voorlopige verslae was 'n konstruksievoertuig na Olifantshoek onderweg toe dit 'n abnormale vrag teëgekom het wat nader gekom het en probeer het om langs die pad af te trek. Masegela sê die konstruksievoertuig het altesaam 16 insittendes vervoer, insluitend die bestuurder. Die polisie het sewe sterftes op die toneel aangemeld, terwyl nege ander beserings opgedoen het. Nooddienspersoneel het die beseerdes per helikopter na die hospitaal geneem vir dringende mediese aandag. Die vragmotorbestuurder het geen beserings opgedoen nie.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za