Die Valke in die Noordkaap het vroeg vanopggend ’n pretstap in Kimberley gehou om bewusmaking oor mensehandel te kweek. Die stap het vanaf die hoek van Greenstraat en die Bultfontein-robotte begin en by die Laerskool Kevin Nkoane geeindig. Benewens die staptog kon deelnemers uitsien na aerobics en ander innemende aktiwiteite op die skoolsportveld. Luitenant-kolonel Tebogo Thebe, provinsiale woordvoerder van die Valke, het 'n hartlike uitnodiging aan die publiek gerig om die geleentheid by te woon.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za