Gemeenskappe van Hartswater en Jan Kempsdorp het die skietdood van 'n voormalige inwoners en bekende musiek onderwyser Retha Van Der Merwe wie onlangs in haar huis in Bloemfontein dood aangetref is betreur. Die 60 jarige Van Der Merwe en die 62 jarige Nelin Van Breda se lyke is in van Breda se universitas woonhuis gekry met skietwonde. Klagtes van ondermeer moord en 'n geregtelike doodsondersoek is van stapel gestuur met bewerings dat Van Breda Van Der Merwe eers geskiet het en toe homself.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za