Drie miljoen vir sopa

Die Noord-Kaapse wetgewer sê hy het R3 miljoen begroot vir die staatsrede wat vandag in die provinsie se hoofstad Kimberley gehou word. Newrene Klaaste, Speaker van die Wetgewer sê minstens 3 duisend gaste word by die Mittah Seperepere-konvensiesentrum in die stad gehuisves terwyl die beplande 3 miljoen vervoerkoste vir inwoners van vyf distrikte, kos vir gaste en uitsaaiuitgawes gaan dek. Sy sê sy verwag dat die laaste SOPA van die sesde administrasie voorvalvry sal wees. Saul sal naverwagting binnekort sy rede begin.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media