Uiters hoe brandgevaartoestande en uitermatige hitte duur steeds in die Noordkaap en ander dele van die land voort met 'n waarskuwing dat inwoners hulleself moet beskerm teen die gevaar van hitte uitputting. Die Suide van die Noordkaap gaan volgens die weerdiens uiters warm weer vandag ervaar met 38 in Upington en 33 in die hoofstad Kimberley. By Sutherland in die Karoo is dit 34 grade met slegs 25 aan die kus by Alexanderbaai.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za