drie weer donderdag in die hof

Moropo Mpe,Tatenda Mawere en Tichaona Mashava het op Donderdag, 22 Februarie 2024 in die Olifantshoek Distrikshof verskyn. Die trio word aangekla van die onwettige besit en vervoer van beskermde plante. Kathu-gebaseerde lede van die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad Ondersoek het op Dinsdag, 20 Februarie 2024, gereageer op 'n oproep om hulp van lede van die Oliphantshoek SAPD. 'n wit minibustaxi is volgens 'n verslag voorgekeer nadat hy gepoog het om deur te ry sonder om deursoek te word. Tydens die soektog is 'n sak vol onbekende plante binne die voertuig gevind. Die polisie het beslag gelê op die plante en 'n voertuig ter waarde van R900 000 is ingeneem vir verdere ondersoek, dit nadat die drietal nie 'n bevredigende verduideliking kon gee nie. Die saak is tot Donderdag, 29 Februarie 2024 uitgestel vir bevestiging van beskuldigde se adres en reisdokumente of paspoorte.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media