Die Demokratiese Alliansie sê hy het saam met die Kakamas-gemeenskap opgeruk na die Kai !Garib -munisipaliteit uit frustrasie met voortdurende watertekorte. Inwoners beweer dat hulle al vir vyf maande met ’n gebrek aan water sukkel. Volgens die DA word vererger deur uitmergelende hitte. Aan die begin van 2023, toe watertekorte óók verwoesting in mense se lewens en lewensbestaan gesaai het, het die munisipaliteit die publiek ingelig dat hulle van beurtkrag vrygestel gaan word en dat ’n aansoek by Eskom ingedien is. Die DA sê die huidige oorsaak van die watertekorte is nog nie eens vasgestel nie. Intussen is kontrakte aangegaan vir die verspreiding van water via tenkwaens. Die party sê hy versoek ook dat 'n waterregstellingsplan dringend ontwikkel en geïmplementeer word, met die toewysing van nodige hulpbronne vir die volhoubare voorsiening van water aan álle areas van die dorp.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za