Daar is ’n geel vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms en sterk wind met ’n moontlikheid van hael vir dele van die Vrystaat en Noord-Kaap voorspel. KwaZulu-Natal kan donderstorms te wagte wees.‘n Waarskuwing vir hoë brandgevaar is vir die Noord-Kaap, Wes-kaap, Vrystaat, Oos-Kaap, Noord-Wes en Limpopo uitgereik.’n Hittegolf wat moontlik môre sal verbeter is vir die Noord-Kaap, Vrystaat en Noord-Wes voorspel. Die hittegolf in die Oos-Kaap behoort vandag te begin verbeter.Mense word gewaarsku om water te drink en hulleselfteen hittesteek te beskerm
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za