Die Noord-Kaap Onderwysdepartement het volgens berigte 'n
senior amptenaar in sy Menslike Hulpbronne-departement op voorkomende skorsing
geplaas. Die amptenaar se skorsing kom nadat 'n vroue-organisasie, Women Waging
War Against GBVF, vroeër buite die departement se kantore betoog het en geëis
het dat hy uit sy amp verwyder word ná bewerings van seksuele aanranding en
verkragting teen hom deur twee vroulike werkers. Die senior amptenaar staan ook
tereg op strafregtelike klagte in die Kimberleyse-landdroshof. Die Woordvoerder
van die Noord-Kaapse departement, Geoffrey Van Der Merwe sê die amptenaar is op
voorsorg skorsing hangende interne dissiplinêre verhoor. Die LUR vir Onderwys
Zolile Monakali het 'n memorandum ontvang van 'n gemeenskapsgebaseerde organisasie,
Women Waging War against Gender Based Violence oor bewerings van seksuele
teisteringsake by die Noord-Kaapse departement van onderwys. Die Departement se
hy is besig om 'n verslag op te stel oor al die aangeleenthede wat in die
memorandum geopper word.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za