skamele 5 duisend rand of 100 dae na 21 jeugdiges se dood

Terwyl die Suid Afrikaanse polisie in die Noordkaap tydens Operasie Shanela fokus op die onwettige drankhandel en die raad vir drank beroep doen op die wegdoen van die verkoop van drank aan minderjariges is die eienaars van Enyobeni Tavern, Siyakhangela en Vuyokazi Ndevu deur die Oos-Londense streekhof 'n boete van 5 duisend rand elk gevonnis of 100 dae in die gevangenis. Die egpaar is skuldig bevind aan die verkoop of verskaffing van drank aan persone onder die ouderdom van 18 jaar. Die taverne, geleë by Scenery Park in Oos-Londen, het in 2022 bekendheid verwerf toe 21 jongmense tragies hul lewens binne die onderneming verloor het.’ n Formele doodsondersoek na die dood van hierdie jongmense moet nog by die Mdantsane-streekhof begin. Luitenant Kolonel Sergio Kock van die polisie in die Noord Kaap sê die weeklise Operaasie deur die Suid Afrikaanse Polisidiens dra goeie vrugte omdat baie mense tuidens die operasie beboet of inhegtenis geneem wort. Die onwettige verkoop van drank bly 'n bekomernis in Upington en die provinsie geheel en 'n beroep wort op inwoners gedoem om saam met die polisie te werk om dit hok te slaan en ter selfde tyt persone wie alkohol aan minderjariges verkoop raporteer. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media