wereldwye masels uitbraak zfm se soek mediese hulp dringend

Die departement van gesondheid in die ZF Mgcawu streek moedig plaaslike inwoners aan om die gesondheid faciliteite in die streek te besoek vir behandeling as hulle eenige symptome van Masels toon. Bennie Van Skalkwyk van die gesondheids departement in die streek het 'n beroep gedoen op inwoners om enige vermoede van die siekte ernstig op te neem en onmiddelik mediese aandag soek. Dit volg te midde van die Wêreldgesondheidsorganisasie se waarskuwing oor ‘n wêreldwye uitbreking van masels. Die WGO sê maselgevalle het sedert 2022 met bykans 80 persent toegeneem. Verlede jaar is 306-duisend gevalle wêreldwyd aangeteken. Die organisie glo egter dat die ware getal miljoene kan wees. Meer as die helfte van die lande in die wêreld het ‘n hoë risiko van ‘n maseluitbreking tensy voorkomingsmaatreëls dringend getref word. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media