Die Suid Afrikaanse Polisie in Rosedale ondersoek 'n saak van bedrog waarby 'n 35-jarige vrou van Johannesburg betrokke is wat in hegtenis geneem is ná 'n wenk oor vermoedelike bedrog aan die gang. Die verdagte het na bewering op die 7de Februarie vanjaar in Upington aangekom en daarin geslaag om 'n paar gemeenskapslede te oortuig om bankrekeninge te open en die kaarte teen 'n fooi aan haar te verkoop. Die polisie is in kennis gestel en na 'n deeglike ondersoek is die verdagte Saterday, die 17de Februarie in hegtenis geneem en in besit gevind van bankkaarte en meer as 15 selfone wat vermoedelik in die pleging van misdaad gebruik is. Die 35 jarige verdagte Janine Uslin Van Der Westhuizen het Maandag die 19de Februarie in die hof verskyn en is in aanhouding tot haar volgende hofverskyning vandag saam met elf ander inwoners wat met die saak verbind word.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za