Erge donderstorms met 'n moontlikheid van groot hoeveelhede klein hael, swaar reënbuie wat lei tot plaaslike oorstromings van vatbare paaie, laagliggende gebiede en brûe, sterk skadelike winde en oormatige weerlig wat lei tot strukturele skade word oor die platorangebiede verwag. Die sluit is Mpumalanga, suid-sentrale dele van Limpopo, noordwestelike binneland in KwaZulu-Natal, asook oor die noordelike dele van die Vrystaat en sentrale dele in Noordwes. Uiters hoë brandgevaartoestande word op plekke oor die sentrale en oostelike dele van die Noord-Kaap, die westelike dele van die Vrystaat en Noordwes provinsies verwag.’n Hittegolf met aanhoudende hoë temperature word tot Vrydag oor die Joe Gqabi-distrik in die Oos-Kaap verwag, asook oor die Vrystaat, die oostelike dele van die Noord-Kaap, oor die suidelike en westelike dele van die Noordwes tot Donderdag. Mooi weer wort vandag in Upington verwag met temperatiere wat op 'n minimum van 21 en 'n maximum van 39 staan.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za