Dawid Kruiper Munisipaliteit sê is besig met die opdatering van die voorafbetaal elektriese meters in Stasiekamp, Modesta woonstelle Florapark area vanaf die 14de tot die 23ste van die maand. Huishoudings word gevra om toegang te verleen tot by die kitskrag meter sodat die meter amptenare die opdatering kan doen. Die munisipaliteti sê die meter amptenare is identifiseerbaar en doen 'n beroep op die publiek om samewerking te gee. Die voorafbetaal meters in die Dawid Kruiper Regsgebied moet voor November 2024 opdateer word. Die municipaliteit sê verder dat die inwoners wat nie by die huis is nie kan die munisipaleteit inkennis stel sodat alternatiewe relings getref kan word. Inwoners word gevra om alle krag kaartjies in te sleutel wat nog nie ingesleutel was nie.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za