Suid-Afrika gaan op 29 Mei na die sewende demokratiese algemene verkiesing. Die Presidensie het aangekondig dat president Cyril Ramaphosa, ooreenkomstig die grondwet en die Kieswet, 29 Mei as die datum vir die 2024 algemene nasionale en provinsiale verkiesings bepaal het. Ramaphosa het volgens 'n verklaring deur die presidensie die Onafhanklike Verkiesingskommissie op die datum geraadpleeg. Vincent Magwenya, presidensiële woordvoerder het Dinsdag gesê die verkiesings val saam met Suid-Afrika se viering van 30 jaar van vryheid en demokrasie, daarom doen Ramaphosa 'n beroep op alle stemgeregtigde kiesers om ten volle deel te neem aan die belangrike en historiese mylpaal van die demokratiese kalender. In die Noordkaap het die leier van Action SA Andrew Louw die aankondiging verwelkomen gesê die inwoners moet in groot getalle die geleentheid gebruik om 'n verandering te bring.INSERT (Aksie SA) Die leier van Cope Pakes Dikgetsi sê dat hulle ook die datum verwelkom en dat hulle reg is om 'n drastiese verskil op die politieke spektrum te maak.........INSERT(Cope Dikgetsi) Die buitengewone professor aan plantkunde en leier vandie Khopisan revolusie party professor Stanley Peterson het opsy beurt gesê hy wens die polisiteke partye sterkte toe en vra vir verdraagsaamheid.INSERT (Peterson stem). Die Demokratiese Aliansie se Herold Mcgluwa en die ANC se Deshi Ngxanga het nie op navraag oor die aankondiging gerageer nie.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za