da oor nk misdaad

Te midde van die onlangse toename in kontak misdaad vir die tydperk van September tot Desember 2023, is die Demokratiese Alliansie in die Noord-Kaap is bekommerd dat die provinsie toenemend gewelddadig raak. Misdaadstatistieke wat vroeer vrygestel is, het onthul dat die provinsie nou vier polisiestasies het wat in die top 30 vir poging tot moord is. Die party se daarop dat hulle veral bekommerd is dat die Galeshewe SAPD-stasie onder die top vyf vir dié misdaadkategorie is. Met die polisiestasies in Rosedale in upington, Roodepan en Kagisho in Kimberley wat ook op die top 30-lys lê, is dit kommerwekkend dat die provinsie stadig maar seker besig is om die range vir geweldsmisdade te klim. Aanranding met die doel om ernstig te beseer het met 303 sake toegeneem terwyl roof met verswarende omstandighede met 27 aanklagte toegeneem het. Kontakmisdaad in die provinsie het met 201 sake toegeneem en ontvoering het die hoogte ingeskiet vanaf 31 tot 53 sake, wat grootliks aan mensehandel toegeskryf word. Ten spyte van ’n onbeduidende afname in verkragtingsake, kom die provinsie se verkragtingsverhouding steeds op die derde hoogste in, net na die Oos-Kaap en Vrystaat. Afgesien van 'n effense afname in eiendomsverwante misdaad, inbraak by residensiële en nie-residensiële persele, ander ernstige misdade en diefstal uit 'n motorvoertuig, het Noord-Kaapse polisiestasies ook op die top 30-lyste vir hierdie misdaadkategorieë gehaal.die party se dit is duidelik dat misdaadsindikate toenemend en onbeskaamd met die lewens van die mense van die Noord-Kaap dobbel.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media