'N byeenkoms van belanghebendes is vir twee uur vanmiddag by die raadsaal van die Dawid Kruiper munisipaleteit beroep om oplossings te kry vir die toenemende dienslewerings betogings wat in die Dawid Kruiper Munisipale regsgebied die afgelope weke voorkom. 'N betroubare bron bevestig dat die burgerneester en munisipale bestuurder insluitend die sakekamer en verteenwoordigers van die gemeenskap die byeenkoms gaan bywoon. Bande is vroeer vanoggend by Khoisan Valley gebrand uit protes teen dienslewering en 'n verlies aan werk. Die Suid Afrikaanse Polisie Diens sê openabre orde eenheid het hulle hande vol om die betogende inwoners wat vreedsaam die afgelope tyd betoog onder beheer te hou en verkeerdvloei te verseker.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za