Dkm landbou kenner oor haglike toestande van beeste op skip in kaapse hawe

Fotos van binne die Al Kuwait wat in die kaapstadse hawe vasgemeer is met nagenoeg 19 duisend beeste aan boord, wys benoude diere met sommige wat volgens inligting vir minstens agt dae in hulle eie ontlasting en urine le. Diere regte aktiviste het die wreedheid teenoor lewende hawe skerp veroordeel tydens vanoggend se betoging teen die uitvoer van lewende diere. Kaapstadse inwoners beweer dat hull sedert die aankoms van die Al Kuwait in Kaapstad met 'n stink reuk verwelkom is deur die skip wat beeste na bewering na Irak vanaf Brasillie vervoer. Intussen het die landbou kenner Aaron Rhanayeke in die Dawid Kruiper Munisipale regsgebied sy stem dukgemaak en die toestande waarin die beeste verskeep word as bedreiging vir die vasteland en veral vleisuitvoere afgemaak. INSERT (Aaron) Kommer bestaan dat die diere nog vir minstens 24 dae aan die haglike omstandighede blootgestel gaan wees met die Suid Afrikaanse diere beskermings vereniging wat besoek aan die boot gebring het en diere geinspekteur het. Grace De Lange van die diere beskermings vereniging sê dooie diere is gevind terwyl sommige van kant gemaak moes word. Die boot sal na verwagting vandag die hawe verlat.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media