Hitte waarskuwing bly

Terwyl inwoners van Upington en omligende gebiede die afgelope tyd onder geweldige weerstoestande deurloop waarsku die weerdiens dat uitermatige hittetoestande nog lank nie iets van die verlede is nie.  Nagenoeg 46 grade is gister middag by die Nakop grenspos gemeet en minstens 39 grade ses uur die namiddag in Upington. Verder af langs die Oranje Rivier by die grens by noordoewer is 54 grade gemeet terwyl brandgevaar waarskuwings voortduur. Die weerdiens sê 'n verwagte lafenis in die vorm van reen en donderbuie word tussen Vrydag en Saterdag verwag wat verligting na die uitermatige hitte kan bring. Die Vioolsdritf grenspos het 45 koma 8 grade geraporteer. Brandgevaar toestande duur vandag voort vir die Khai-Ma munisipale regsgebied wat Aggenys en Poffader insluit. Temperature vir vandag in Upington is 38 grade, Kimberley 38, Alexanderbaai 25, Springbok 30 en Sutherland 25.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media