Seda in die Noord – Kaap onder leiding
van die Provinsiale bestuurder, Kedisaletse Williams is vandag gasheer vir die 15de Jaarlikse
Beleggers forum by die Flamingo Casino, Kimberley. Williams is te wagte om die
2022/2023 jaarlikse verslag van die organisasie ter tafel te lê. Die
raadplegende forum word bygewoon deur vennoe in die ekosisteem wat insluit die:
Kimberley Diamond and Jewellery Incubator (KDJI), National Empowerment Fund
(NEF) and Construction Industry Development Board (CIDB).. Die Jaarlikse Beleggers forum is ‘n noodsaaklike
platform ten doel om samewerking, die deel van kennis en
ondersteuning te bied, met die potensiaal om die groei van klein ondernemings
aan te wakker. Die byeenkoms het alreeds omstreeks tien uur vanoggend afeskop
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com