Klag by menseregte gele

Die Vryheids Front Plus sê hulle het 'n klagte by die menseregte kommisie ingedien na die ignoreer van skrywes rondom water besoedeling deur die munisipale bestuurder van die Phokwane munisipaleteit Zithulele Nikane wat verband hou met die water in Hartswater. Die Phokwane munisipaleteit bedien Hartswater Jan Kempsdorp en Pampierstad. Die party sê die inwoners sukkel sedert November 2023 met water en is vir dae met kraandroogtes gelaat na beweerde sabotasie. Die Vryheids Front Plus sê die watersuiwerings aanleg voldoen nie aan die wetlike standaarde nie veral omdat dit tydens 'n oorsig besoek duidelik geraak het dat probleme met die sand in filtreerders asook onklaar pompe ervaar word terwyl chloor ook volgens die party nie korrek toegedien word nie. Die party sê beesmis is in gate gegooi waar pyplekasies voorkom terwyl lekplekke ook aan die hoofwatervoorsieningspyplyn bestaan.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media