Boere in die Namakwa steek by Niewoudtville saam met brandbestryders en ondersteuning van boere in omliggende dorpe sê hulle het gesukkel om 'n brand by Oorlogskloof oor sowat tien kilometer in deursnee onder beheer te kry. Die brand het volgens die Vryheids Front Plus se Jan Palm deurnag gewoed en was deur wind bemoeilik. Palm sê hulle het die LUR Mase Manepole vir ligsteun gevra om enige verderre skade te vermy. 'N karavaan en bakkie het volgens Palm sover in die slag gebly terwyl verskeie fynbos spesies en ander plante deur die brand vernietig is.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za