Kimberley binne drie tot ses maande van water verseker

Die Sol Plaatje munisipaleteit het sy inwoners bymonde van sy munisipale bestuurder daarop gewys dat die stad se waterprobleme binne drie tot ses maande iets van die verlede behoort te wees. Thapelo Matlala van die munisipaleteit sê die afgelope Woensdag se kraandroogte is veroorsaak deur lae watervlakke by reservoirs en dat kontrakteurs bekom is om die grootskaalse waterinfrastruktuur opgradering ter waarde van 492 miljoen rand waar te neem om 'n einde aan die stad se water probleme te bring. Matlala sê 2 koma 5 biljoen rand is van die nasionale tesourie bekom en sal deur meer as 50 projekte gebruik word om waterinfrastruktuur op te knap en waterlekasies te herstel.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media