Eskom pas beurtkrag aan

Die kragverskaffer Eskom het die beurtkragskedule vir die komende week vroeer bekend gemaak. Beurtkrag is vanoggend om vyfuur opgeskort vir die dag, hoewel Fase-2-beurtkrag vanaf vieruur vanmiddag weer ingestel sal word. Eskom sê die skedule, waarvolgens Fase-2 saans geld en geen beurtkrag bedags ingestel word nie, sal voortgaan tot verdere kennisgewing. Eskom sê hoewel sy opwekkingskapasiteit gestabiliseer het, is daar steeds ‘n behoefte om deur die week noodreserwes aan te vul. In die Dawid Kruiper Municipale area is beurtkrag grotendeels verby met die uitsondering van Blok-Nege wat van vier uur vanmiddag tot ses dertig beurtkrag gaan ervaar. Blok een en 16 se beurtkrag was in die vroee oggendure van die dag en is iets van die verlede.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media