Groot som dwelms gekry

Lede van die Suid Afrikaanse Nasionale Weermag het die afgelope week steen aan die Suid Afrikaanse polisie verleen waar verskeie operasies in die Noordkaapse hoofstad Kimberley van stapel gestuur is. 'N 38 jarige buitelander is tydens die optredes inhegtenis geneem en beslag is gele op dwelms met 'n geraamde straatwaarde van sowat 88 duisend 500 rand wat insluit tik en dagga. Beslag is ook gele op kontant wat vermoedelik die oprengs van die dwelmverkope is. Timothy Sam van die Suid Afrikaanse Polisie Diens sê die polisie sal voortgaan met soortgelyke operasies in 'n poging om dwelmhandel in die provinsie hok te slaan. Hy sê dwelms verwoes mense se lewens daarom moet mense voortgaan om dwelmhandelaars in hulle onderskeie woongebiede te raporteer.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media