Die Demokratiese Alliansie in die Noord-Kaap verwelkom die aankondiging van Cyril Ramaphosa dat die Spesiale Ondersoekeenheid ondersoek instel na korrupsie, bedrieglike praktyke en ander ongerymdhede by die Noord-Kaapse Ekonomiese Ontwikkelingsagentskap (NCEDA). Dié ondersoek is al lank nodig. die party se hulle het reeds beroepe gedoen om ondersoeke en ingrype by NCEDA, omdat Noord-Kapenaars die gevolge dra van ‘n entiteit wat nie betekenisvol tot die provinsiale ekonomie bydra nie. Die omvang van wanbestuur en wanadministrasie by NCEDA word dalk die beste beskryf deur die feit dat dit elf jaar geneem het om die papierwerk vir ‘n spesiale handelsone af te handel. Die handelsone was aanvanklik vir ‘n ander deel van die provinsie bestem.die hoof van die afdeling hendrik louw was nie virkomentaar beskikbaar nie
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za