Nog vakbond nog departement reageer oor ophef van skorsing bewerings

Andrew Diradsitele van vakbond Nupsaw wou geen komentaar lewer oor die bewerings dat die skorsing van die Demokratiese Aliansie se Deon De Koker met onmiddelike effek opgehef is nie. Die vakbond het gesĂȘ hulle sal op die regte tyd reageer aangesien die saak baie sensitief van aard is. De Koker is vroeer deur die bestuur van die Dokter Harry Surtie hospitaal geskors vir sy beweerde aandeel in die diefstal van skoonmaak middels by die hospitaal waar hy werksaam was. Die woordvoerder vir die departement Lulu Mxekezo was ook nie vir komentaar beskikbaar nie.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media