Die Suid-Afrikaanse regering het aangesluit by die internasionale gemeenskap vir die viering van Wêreld Radiodag. Die regering sê hy gee erkenning aan die onskatbare waarde van bydraers wat elke dag hard werk om gehalteprogramme die lig te laat sien. Die Suid Afrikaanse regering het onderneem om radio as ‘n tydlose medium te ondersteun in 'n poging om meer inklusiewe en ingeligte gemeenskappe regoor die land te ontwikkel. Vanjaar se tema wat handel oor inligting, vermaak en opvoeding, plaas die klem op die ryk geskiedenis en diverse bydrae van radio om die wêreld ‘n beter plek te maak. In die Noordkaapse Dawid Kruiper munisipale regsgebied het die stasie bestuurder van Radio Riverside en ook sekretares general van die Nationale Gemeenskaps Radio Forum Thabang Pusoyabone die rol en kardinaliteit van gemeenskaps radio aangehaal. Hy sê radio se rol in die opsig van opvoeding het by die dag alhoemeer belangriker geword veral met betrekking tot voorheen benadeelde gemeenskappe wat nou baat by gemeenskaps radio. Die plaaslike gemeenskaps radio het saam met Bush radio in kaapstad die dag met 'n gesamentlike gesprek oor die onderskeie stasies se golflengtes gevier.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za