Garies man vir meisie se pa se moord gestraf

Die 29 jarige Jonathan Cloete, is volgens die Nationale Vervolgings Geslag deur die Garies-streekhof gevonnis vir die moord op sy meisie se pa, ondanks bewerings dat hy uit selfverdediging opgetree het. Volgens 'n verklaring deur die NVG het Cloete op 8 Oktober 2022 ten tyde van die voorval alkohol saam met vriende by sy meisie se huis in Paulshoek, naby Garies, gedrink en 'n onderonsie tusen hy en sy meisie uitgebreek. Woortvoerder van die Nationale Vervolgings gesag Mojalefa Senokoatsane het 'n stoeiery ontstaan ​​toe die beskuldigde sy meisie se pa, Jan Links, aangeval het toe hy probeer ingryp het. Senokoatsane sê die pa het sy mes uitgehaal en die beskuldigde in die arm gesteek. Een van die beskuldigdes se vriende het na bewering ingegryp en die bakleiery tussen die beskuldigde en die pa gestaak. Senokoatsane sê die beskuldigde en sy vriend het die huis verlaat en Cloete het met 'n mes na die huis teruggekeer en Links gesteek. Hy sê die beskuldigde het die huis verlaat en die pa het op die toneel aan sy beserings beswyk. Die polisie is ontbied en die beskuldigde is dieselfde nag in hegtenis geneem. Senokoatsane het verklaar dat die hof die weergawe dat Cloete uit selfverdediging opgetree het, verwerp het. Hy sê hy is skuldig bevind aan moord en is tot 12 jaar gevangenis straf gevonnis, waarvan vier jaar opgeskort is vir vyf jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind word aan moord, poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer of gewone aanranding nie. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media