Die Demokratiese Alliansie sê hulle is besig om hul eie persoonlike beskermende toerusting vir Sol Plaatje-raadslede aan te skaf, om veilige oorsig oor Kimberley se waterinfrastruktuur te kan doen. Die party sê dit kom te midde van doelbewuste pogings deur die munisipaliteit om inligting van die party te weerhou deur die party te belemmer om behoorlike oorsiginspeksies te doen. Die party beweer dat die munisipaliteit persoonlike beskermende toerusting slegs aan ANC-raadslede verlede jaar uitgereik het. Die DA sê, sedertdien is die DA met tussenposes toegang tot die Newton-reservoir en die Riverton-watersuiweringsaanleg geweier, op grond daarvan dat DA-raadslede nie aan veiligheidsregulasies voldoen nie.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za